"Jou grondslag vir ’n innoverende landbouloopbaan."

STUDENTE AKKOMMODASIE EN STUDENTE LEWE

Studente-akkommodasie word voorsien, en studente is ten volle inwonende studente tydens hul akademiese jaar. Hier kan studente waardevolle verhoudings met mekaar bou en inskakel by die Morgenzon-gemeenskap.

 

Waarna kan jy uitsien in jou opkomende akademiese jaar?

By Agri Innovasie Kollege is ons doel om te verseker dat jy die meeste uit jou akademiese jaar haal en elke dag voluit benut. Ons fasiliteite sluit die volgende in:

  • 1-slaapkamer, 2-slaapkamer, en 3-slaapkamer akkommodasie vir beide dames- en mansstudente, apart ingerig vir gemak en privaatheid.
  • Beide mans- en dameskoshuise beskik oor ‘n kombuis waartoe studente toegang het en gebruik van kan maak.
  • Beide mans- en dameskoshuise is toegerus met badkamers wat storte en ander geriewe insluit.
  • ’n Studentekuierarea waar studente TV kan kyk, gesellig verkeer en mekaar se geselskap kan geniet.
  • ’n Gesamentlike eetsaal waar studente hul eie kos kan skep van ‘n buffettafel en soveel as wat hulle wil, kan eet—heerlike en voedende maaltye word voorsien.
  • Studente het ook toegang tot omliggende plase, waar hul praktiese ondervinding en kennis in hul gekose studievelde uitgebrei en versterk word.
Ons sien daarna uit om jou in die komende akademiese jaar by Agri Innovasie Kollege hartlik te verwelkom!

Loer hier na jou vesting vir die volgende 2 jaar!

Hoe lyk my akkommodasie en studiesaal?

Studente lesingsaal, Kollege admin en Ontvangs

Studente lesingsaal, Kollege admin en Ontvangs

Studente lesingsaal, Kollege admin en Ontvangs

Koshuis en Studente Parkering

Hoe lyk my eetgeriewe?

Eetsaal

kombuispersoneel

Kos word voorberei!

Kombuis fasiliteite

Aan watter aktiwiteite kan ek deelneem?

 By Agri Innovasie Kollege het jy die geleentheid om saam met jou medestudente aan netbal, rugby, perde-aktiwiteite, hengel, ensovoorts deel te neem. Daar is ook ’n gimnasium waar jy kan oefen.

Netbalbaan

Toutrek, Netbal en Jukskei - Spanaktiwiteite

Perde Arena

Hokkie, Hengel, Krieket en Rugby - Spanaktiwiteite

Ons glo in jou!

Rugbyveld

Ondersteun jou mede-studente

Rugbyveld

Hoe doen ek my praktiese opleiding?

Ons verseker dat jy jou ervaring in soveel moontlike scenario’s opbou. Hier kry jy die geleentheid om met perde, hoenders, vleisbeeste, melkbeeste en skape te werk. Jy sal ook betrokke raak by tonnelkwekerye, ’n werkswinkel waar jy praktiese vaardighede kan aanleer, en voerkuile.

Laaibank

Stoor

Voersilo's

Braaikuikens

Vee hantering

Voerstoor

Voerstoor

Werkswinkel

Snoepie

Proefplaas

Voerbakke

Beesklamp

Ons wil graag van jou hoor!

As jy enige vrae of navrae het, kontak gerus ons hoofkantoor, of vul die onderstaande vorm in: